OFM Talks
Peter talks every Tuesday morning on OFM at 5:45AM. Be sure not to miss these fun and informative talks, where Peter discusses the latest on what every farmer needs to know! For all those who missed the early bird, no matter we’ve brought OFM talks to you! Read below to see what was discussed.
07-12-2010
Dit is maar ‘n feit dat ‘n rooivleis boer se oes maand Desember is.
‘n Lam van Januarie tot April het ons rondom R34 met ‘n klein piek vroeg in Februarie van R38. Nou is ons by R47, dus 70% beter prys.
Bees A grade het weer ‘n ander tendens. Maart maand is die oes maand en Desember net so goed nou op R24 tot R25 d.w.s. Maart 2011 gaan R26 wees. Hierdie tyd van die jaar moet die boer dankie sê aan die slagters wat hulle wins tot op die been sny, om die vleis pryse laag te hou vir die huisvrou. Ons het nog die goedkoopste vleis van speen plaas hek tot slaghuis (bord) in die wêreld.
08-06-2010
Die terminologie van kalwers
‘n Suiwelkalf van geboorte tot vroeë speen by 50 – 60 dae is ‘n suipkalf gewig 40 tot 70 kg.
60 dae tot 7 maande is ‘n vroeë speen hanskalf wat op goeie proteienkos moet wees
(droeë lusern inhoud) 200 kgDie vleisbeeskalf wat op 7 maande gespeen word wat 180 – 280 kg weeg
‘n Voerbees wat nog nie permanente tande het dws Graad A tot 500 kg
Laat ons kyk na die waardes –
suiwelkalf = 40kg @ R12 = R480
suiwel speenkalf = 70 kg @ R12 = R820
suiwel speenkalf = 200 kg @ R13 = R2600
Vleis speenkalf = 240 kg @ R15 = R3600
Vetgemaak A graad = 460 kg @ R14.50 = R6680
52% 262 kg @ R25.50 = R6680
Hoe jonger die kalf is hoe goedkoper tot 240 kg aan die suiwel kant agv die hoë mortaliteit en duur melkvervanging of kruipvoer wat gevoer word.
Mense bel my vir advise tov die aankoop van kalwers om op ‘n plot aan te hou. Die doel is basies om die plot skoon te maak; my raad is koop maer, maar ouer kalwers. Agv mortaliteit is die wins groter met ouer kalwers.
16-3-2010
Lam is in die koers van R36 vandag . Dit sal n 30 kg stoorlam R16 tot R17 , maar snaaks, die slagter se Lam "Lion chop" het geval na R90 vanaf R97 oor Kerstyd.
Hier is nou variasies vir die jaar:
| 2007 | 2008 | 2009 | 2010 | |
|---|---|---|---|---|
| RUMP | R5 | R10 | R5 | _ |
| LAM | R5 | R10 | R15 | R7 |
Uit die jaarsyfers sien ons lam toon meer veranderinge wat te wyte is aan skaarste.
Op plaasvlak het die prys verlede jaar van April tot November by R34 gebly met n R1
variasie.
Ons mark vir Lam en Beefvleis het die huisvrou se beursie oorleef en die aanvraag het gebly.
Die enigste veranderlike sal die enkel moee - Hoender en Vark die veranderlike word
in 2010 met die goedkoop mielie het hoender met R10 reeds geval. Sterkte met julle
09-3-2010
Daar begin al n klein byt van winter in die oggend. Die boere wat nog nie sledalkoors- entstof gespuit het nie moet diere met n dip spuit om muskiete weg te hou tot die ryp hier is in April.
Speenkalfprys le by die R15.00 vir n 230 kg kalf. Die speen van kalwers sal begin in volgende maand , dan sal die prys in normale jare val met 50c maar hierdie jaar is nie normaal. Met die laer prys mielie sal die mielieboer die speenkalfprys stut om die goedkoop mielie verder te gebruik.
Graad A2 hou by R24.50 die prys behoort te hou of effens te klim na Paasnaweek 2 April 2010.
Die verhouding speen tot A2 is nou 61% hierdie verhouding is geldig vir 8 maande na die jaar, maar val April, Mei in die voerkraal se guns en dan in Oktober/November in die speenkalfboer se guns.
Vir n jaarsyfer het dit verhoog met 8% wat weer die speenkalfboer in n gunstige possisie plaas.
My Koeikalfkursus is volgende week Donderdag. Bel my gerus om plek te bespreek . Tel 0836308868
16-2-2010
Bees A graad het na 'n val in prys gedurende Januarie weer gestyg na R24.50. Dit sal nou om R25 skommel tot Mei. Dit is die nuwe neiging wat gevolg word vir die afgelope drie jaar.
Die Paasfeesprys is 50c hoer as kersfees wat so R1.50 elke jaar klim.
Met hierdie aanname sal die Kersfees prys R26.50 en April prys R27.00 word.
Die speenkalf gekoop gedurende Februarie sal na 120 dae geslag word in Julie , dus van 'n hoe speenkalfprys na n laer A-graad dit dui op n verlies. Baie krale moet hulle slagters voorsien met vleis dus moet hulle voer deur hierdie periode.
Vanjaar het ons die sokker wereldbeker en mag 'n heel ander storie wees.
Die mielieprys het gedaal en gekoeksister dit wil se wit mielies is goedkoper as geel
mielies en met rantsoen aanpassing kan die rantsoen nog goedkoper gemeng word.
23-02-2010
Skaap boerdery was en is nogsteeds in baie dele en Namibia ekstensiewwe boerdery. Daar is rasse wat baie goed aangepas is, om van speen die nodige vetlaag te he om n A2 te slag. Met walrasse wat kort in n voerkraal afgerond kan word is daar gedurig lam op die mark. Vanaf 19 Maart tot 5 November , 8 maande het die prys min skommeling tussen R31.33 vanaf November tot einde Februarie getoon. 4 Maande is die variasie groot van R33 tot R39.
Hierdie jaar het Januarie - Februarie hoe pieke gehad wat die hoe stoorlam prys van November - Desember regverdig het. Tans is die prys by R34.35 en laat ons hoop dit sal tussen R 32.34 varieer hierdie jaar.
Die "natural" lam het n premie van oor die R5 per kg goeie markaandeel gekry dit wil se die huisvrou is bereid om te betaal.
Ek vertrou my vriend Hendry Gertenbach van Smithfield voel ek het nie sy skaap afgeskeep nie. My Bees Koei Kalf kursus is die 18 de Maart skakel gerus vir u plek.
16-02-2010
Bees A graad het na 'n val in prys gedurende Januarie weer gestyg na R24.50.
Dit sal nou om R25 skommel tot Mei. Dit is die nuwe neiging wat gevolg word vir die afgelope drie jaar.
Die Paasfeesprys is 50c hoer as kersfees wat so R1.50 elke jaar klim.
Met hierdie aanname sal die Kersfees prys R26.50 en April prys R27.00 word.
Die speenkalf gekoop gedurende Februarie sal na 120 dae geslag word in Julie , dus van 'n hoe speenkalfprys na n laer A-graad dit dui op n verlies. Baie krale moet hulle slagters voorsien met vleis dus moet hulle voer deur hierdie periode.
Vanjaar het ons die sokker wereldbeker en mag 'n heel ander storie wees. Die mielieprys het gedaal en gekoeksister dit wil se wit mielies is goedkoper as geel
mielies en met rantsoen aanpassing kan die rantsoen nog goedkoper gemeng word.
15-09-2009
Good morning farmers
We have had 15 days of spring and all the Christmas and new year babies are being born or are celebrating their birthdays – happy birthday to all !
The lamb price for store lamb is R17 and that for A2 is about R32. We grade our end product – we must in fact grade our store lamb in future.
Looking at our graph over the last four years we see a “koeksister” relationship; if we have high prices this year, we will have low prices next year and vice versa.
Slaughtering in September after 8 weeks of feeding means you purchased in July. Again July had a spike 6 low 7, spike 8 low 9. Your profit margin is determined by management.
As I started this morning it is not the slaughter date that determines the profit but the day of purchase. September slaughterings were purchased in July when the price spiked, making September a difficult month. This year it was low with the result that you should be showing good returns.
Good news is that your returns should be good till the end of the year.
22-09-2009
Goeiemôre James
Die speenkalfprys bly R14.50. Indien dit nie reën nie sal die prys konstant bly. Indien dit wel voor Oktober reën sal die prys met 50c styg.
Voerkrale kan met genoeg kalwers van hul eie op die veld selfvoorsienend wees en eers in Oktober, wanneer die winterkalwers gespeen word.
Somerkalwers wat in September\Oktober gebore is word in April\Mei gespeen wanneer die kalfprys R13 is. Die winterkalwers wat in Maart\April gebore is word in Oktober\November gespeen wanneer die kalfprys R15 is.
Dit is nou die tyd om jou koeie te evalueer en eerder minder koeie aan te hou en die somerkalwers oor te hou om nou te verkoop. Die winterkalwers mag ‘n duurder kalf wees aangesien die koei deur die winter onderhou moet word. Nietemin, vir 200 kg is die prysverskil R2 of R400 per kalf.
Die speenkalfprys piek tussen November – Desember om die paasnaweek se hoë slagprys te kry.
